Home Clients Current Projects
Clients

 

Client List
Some of our recent clients were Crystal Malice, Maanhaar, Chris Brown, Blacklight Theatre Project, Black Wolf as well as various school groups and community choirs.

 

Current Projects

 

Die `Rottweilers
 
Basiese agtergrond
Die Rottweilers vind die begin van hulle bestaan in 2006 en is sedertdien besig om die land vuurwarm te vermaak. Die oorspronklike naam van die groep is gestig as Reaanrottweiller, maar het met die aanvang van 2009 verander na “Die Rottweilers”. Hierdie groep bestaan uit vyf lede. Almal beskik oor verskillende agtergronde en invloede, dus vul almal mekaar aan om die perfekte harmonie in melodiese perfeksie te vervolmaak. Die groep is tans gevestig in Potchefstroom en hulle musiek-repertorium bestaan uit afrikaanse en engelse lirieke.
 
Die groep het reeds by kunstefeeste soos KKNK (Oudtshoorn), Aardklop (Potchefstroom) en Innibos (Nelspruit) onderskeidelik in 2007 en 2008 opgetree. Die groep het ook saam met van die grootste groepe in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, onder andere Foto na dans, Straatligkinders, aKing, Zinkplaat, Anton Goosen opgetree.
 
2007-2009 in ’n neutedop
Gedurende Desember 2007 was Die Rottweilers op die MK Tweede Avontoer wat deur die Wes- en Oos-Kaap getoer het en van Suid-Afrika se grootste groepe ingesluit het. Hierdie toer is aangebied deur De Plate Kompanje.
 
Hulle het by kunstefeeste regoor Suid-Afrika opgetree.  Die groep het al optredes in Gauteng, Noordwes, Vrystaat en in die Kaap gedoen.  In Maart 2008 het die groep saam met Anton Goosen en Steve Hofmeyr opgetree by hul vredeskonsert in Pretoria.
 
Die groep was ook betrokke by die maak van die dokumentêr “Johnny en die maaiers” wat op MK uitgesaai is.
 
Die groep kry media blootstelling in talle koerante soos die Kampus Beeld, en onder andere die Jip uittreksel van die beeld in Julie 2008.
 
Die groep het reeds ‘n paar opnames gedoen en daar is van die treffer “Genetika” ‘n musiekvideo gemaak wat tans op MK (kanaal 324 op DSTV) uitgesaai word. Die treffer “Genetika” was ook verskeie weke op die top tien van die NWU kampusradiostasie (Radio Puk) asook op die top tien van UJfm.
 
Daar is ook webtuistes soos die Facebook groep asook hulle Myspace waar hulle verteenwoordig word
 
In Augustus 2008 het Die Rottweilers ‘n onderhoud met die aanbieders van die program Stook gehad, wat op Kanaal MK 324 uitgesaai is.
 
Die Rottweilers was ook op die MK Derde Avontoer wat Desember 2008 aangebied is deur De Plate Kompanje waar hulle deur die Wes- en Oos-Kaap getoer het saam met Suid-Afrika se bekende groepe.
 
Die groep neem in Julie 2009 hul eerste vollengte album op by Artèma ateljee, NWU-PUK Kampus in Potchefstroom.
 
Een van die “nuut-opgeneemde” liedjies (Hoe op dees aarde) word op MK-kampus gebruik as temalied vir ’n episode.

Vir enige navrae:
072 178 3895 (Jako Meyer)
of This e-mail address is being protected from spambots, you need JavaScript enabled to view it

 
Click image to open!
Click image to open!